Winter Wonderland
Maak gereed vir ‘n onvergeetlike Winter Wonderland-ervaring vanaf 27 Junie tot 4 Julie 2025 by Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom!
Ons bring die bekende LiggieFees@Potch na die winter met duisende skitterende liggies vir ‘n ware Winter Wonderland-ervaring.
Die perfekte gesinsuitstappie!
Ontsnap die koue met heerlike kosstalletjies, natuurlik, insluitend pannekoek, koffie, en soveel meer!
Geniet ‘n prettige kinderspeelarea, ‘n gesellige fliekaand, en die Wonderland Mark, wat unieke skatte en lekkernye bied.
Moenie hierdie skouspelagtige winterfees gevul met musiek, wonder, liggies en lag misloop nie!
Die koue het gesorg vir ‘n regte Winter Wonderland, maar ons is dankbaar vir elke persoon, gesin en besigheid wat die Winter Wonderland fees saam met ons geniet het.
Indien jy dit gemis het, kyk gerus hierdie pragtige video wat DVB Production vir ons gemaak het.
Baie dankie aan elke borg wat bygedrae het tot die sukses van die fees. Ons kan nie hierdie fondswerwings inisiatiewe sonder julle aanpak nie.