Wie is Ons?

children are playing superhero

In 1902 begin Ds Abraham Kriel ’n kinderhuis in Langlaagte, Johannesburg. Hy weier dat die kinders as weeskinders bekend staan en open dus die eerste kinderhuis in Suid-Afrika.

In 1956 strek Langlaagte vêr oor volle kapasiteit en 80 kinders word in ‘n veetrok na Potchefstroom vervoer. Die kinders woon in tente in ‘n veld oorkant die huidige Hoër Tegniese Skool terwyl die hoof gebou in Potchefstroom gebou word wat bestaan het uit vier huise, ‘n saal en personeel akkommodasie.

Tans bied Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom die beste moontlike sorg aan ons 230 kinders en studente.

Ons is daartoe verbind om ‘n veilige, liefdevolle en ondersteunende omgewing vir kwesbare kinders te bied, om te verseker dat hul fisiese, emosionele en opvoedkundige behoeftes bevredig word.

Deur liefdevolle sorg, holistiese ontwikkelingsprogramme en vennootskappe met gesinne en gemeenskappe, streef ons daarna om die siklus van mishandeling, verwaarlosing en armoede te breek, wat elke kind bemagtig om selfversekerde, veerkragtige individue te word wat toegerus is om positief tot die samelewing by te dra.

Kinders wat grootword om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Ons Span

Ons is ‘n groot groep mense wat saamwerk as ‘n familie, onder die leisels van ons hoof, Mnr Christie Saayman, vir ‘n beter toekoms vir ons kinders. Ons lag saam en baklei saam omdat ons daagliks veg vir die beste vir ons 230 kinders.

Ons streef daarna om gelukkige, suksesvolle kinders as jong volwassenes in die wêreld in te stuur. Die gesegde van “kinders is die toekoms” was nog nooit so waar soos nou nie en ons wil seker maak dat die toekoms in die hande is van individue wat genees het van hul kinder trauma.