Help ons om hulle te help
Raak betrokke om ‘n beter toekoms vir die kinders by Abraham Kriel Kinderhuis te verseker.
Daar is verskeie sinvolle maniere waarop jy ‘n positiewe impak kan maak:

Borg ’n Kind
Maak 'n verskil in 'n kind se lewe deur 'n kontaklose finansiële bydrae deur middel van 'n debietorder vorm. Kies 'n spesifieke kind, en jou ondersteuning sal hulle van sorg en hulpbronne voorsien.

Vakansievriende Program
Maak jou hart en huis oop vir ons kinders! Gesinne in die gemeenskap kan ’n positiewe rol in kinders se lewens vervul deur ons kinders vir besoeke buite die kinderhuis te neem tydens naweke en vakansies.

Matriekafskeid
Help ons om onvergeetlike herinneringe vir ons Graad 12's te skep deur te help met die reël van 'n matriekafskeid wat hulle drome vervul en hul prestasies vier.

Onderwyshulp
Dra by tot die ontwikkeling van jong denke. Met 230 kinders verwelkom ons hulp met studietyd en individuele ekstra klasse om te verseker dat elke kind hul volle potensiaal bereik.

Borg ’n Huis
Maatskappye, organisasies, kerke en selfs individue kan 'n blywende impak maak deur een van ons 9 huise te kies en te help met klein verbeteringe soos verfwerk, nuwe beddegoed, of gordyne.

Werkswinkels
Deel jou kennis en passies! Ons soek individue om werkswinkels aan te bied in verskeie vaardighede soos brei, verf, houtwerk, of musiek om ons kinders van waardevolle ekstra vaardighede te voorsien.
Huidige en Konstante Behoeftes

Huidige Behoeftes
Finansiële bydrae tot daaglikse versorging en operasionele kostes.

Linne
Pas Lakens (Enkelbed)
Duvet Stelle (Enkelbed)
Handoeke

Klerasie
Somersklere
(Seuns en Dogters van 2 - 19 jaar oud)
Onderklere (Seuns en Dogters)
Kouse

Konstante Behoeftes
Vleis
(Hoender, Maalvleis, Wors en Kookvleis)
Pasta
(Macaroni en Spaghetti)
Rys
Mieliemeel
Suiker
Kitsontbytpap
Blikkieskos
(Baked Beans, Tamatie en Uie Smoor)
Soppoeier
Speserye
Daaglikse brood
Melk

Daaglikse Kosblikinhoud
Stroop
Konfyt
Kaassmeer
Grondboontjiebotter
Margarien
Bovril

Skryfbehoeftes
Pritt
Inkleurpotlode
Kleurpenne
Uitdraaikryte
Blou penne
Skerpmakers
Uitveërs
Pennesakkies/ space case
Wetenskaplike sakrekenaar
FlipFile
Hardeband boeke
Plastiese boekoortreksel
Kleefband
Skooltasse
Skoolskoene
Finansiële Hulp
Ons ontvang subsidie van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Hierdie subsidie dek slegs 40% van ons uitgawes en word nie aangepas om tred te hou met inflasie nie.
Verder word ons subsidie betalings gereeld met tot 8 maande vertraag as gevolg van burokratiese rompslomp.
Ons moet dus self fondse insamel vir die ander 60% (ongeveer R13 miljoen) van ons uitgawes.
Hierdie fondse word benodig vir die daaglikse versorging van al 230 ons kinders.
Enige finansiële bydrae gee ons die vermoë om vir ons kinders die beste moontlike sorg te gee.
Donasie opsies:
Elke donasie, klein of groot maak ’n groot verskil. Dit verseker dat ons kinders kan deelneem aan spesiale dae by hulle 23 afsonderlike skole, bv ‘civvie dae’ of koekverkoping. Dit maak ook ’n groot bydrae wanneer ons sportmanne en dames ’n rugby-, hokkie of netbaltoer moet bywoon.
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom
FNB
Besigheidsrekening
Rek No: 62789 089 242
Takkode: 250 655
Swift Kode: FIRNZAJJ
Ons Borg ‘n Kind projek is ‘n maandelikse finansiële bydrae deur middel van ‘n debietordervorm. Dit fokus daarop om fondse in te samel vir die daaglikse behoeftes van al 230 kinders wat by ons geplaas is. Ons voorsien in ons kinders se fisiese-, opvoedkundige-, gesondheids- en emosionele welstand op ‘n daaglikse basis. Ons maak ook gebruik van eksterne dienste soos sielkundiges, tutors, tandartse, spraakterapeute en arbeidsterapeute om die beste vir ons kinders te bied. Ons kinders woon rugby, netbal, hokkie, krieket en atletiek toere by, asook leierskampskampe, afsluitings en natuurlik matriekafskeid.
Hierdie hoë gehalte sorg kom met ‘n prys. Deur elke maand ‘n kind te borg maak jy dit vir ons moontlik om aan te hou met die wye verskeidenheid dienste wat ons aan ons kinders bied.
Nie net help jy ons om na ons kinders om te sien nie maar jy sal gereelde inligting ontvang oor die spesifieke kind wie jy borg asook ‘n artikel 18A sertifikaat vir belasting doeleindes, indien so sertifikaat verlang word.
Ons het ‘n minimum bedrag van R250 per maand en geen maksimum nie.
Vrywilliger Dienste
Ons is altyd opsoek na nuwe vrywilligers wat vriende van die kinderhuis wil word.
Ons benodig vrywilligers om ons kinders te help met studietyd of ekstra klasse. Ons benodig ook vrywilligers wat dalk ‘n spesiale talent het, bv ‘n grimeerkunstenaar wat vrywilliglik ons dogters se grimering vir matriekafskeid wil doen.
Die moontlikhede is eindeloos, indien jy graag betrokke wil raak op ‘n manier is die begin punt om ons vrywilliger vorm in te vul en dit terug te stuur na hoof@akpotch.co.za