Max Williamson het ons genader met sy geesdriftigheid en energie. Hy wil hardloop, maar met ’n doel. Volgens Max dink hy al ’n ruk lank daaraan om van Potch tot Parys te hardloop, maar sy betrokkenheid by die kinderhuis deur sy kerk, Kandelaar Studentegemeente, het sy denke ’n realiteit gemaak. Hy het besluit om dit as ’n fondsinsamelingsprojek aan te pak, gegewe die huidige finansiële situasie by die kinderhuis.

Op 4 Oktober 2024 het Max die 54km wedloop aangepak, met die eindstreep by Abraham Kriel Kinderhuis. Personeel en geesdriftige ondersteuners het hom toegejuig soos wat hy die eindstreep oorgesteek het. Dit was ’n emosionele oomblik, nie net vir Max nie, maar so ook vir die personeel van die kinderhuis. Hy het besluit om dit as ’n fondsinsamelingsprojek aan te pak, gegewe die huidige finansiële situasie by die kinderhuis. Baie dankie aan Max en elke liewe ondersteuner wat hierdie inisiatief ’n groot sukses gemaak het.