Louise het ons genader met die idee om ‘n projek te begin vir tienerdogters. Die projek fokus daarop dat elke tienerdogter die skoonheid van vrou-wees kan ervaar. “Blossoms of Grace” het ontstaan, en die projek samel nie net toiletware in vir die dogters nie, maar plaas ook ’n spesiale fokus op skoonheid. Blossoms of Grace is reeds volstoom aan die gang, en die eerste bokse is ontvang en aan die dogters uitgedeel.
Louise beoog om die projek nie net vir die dogters van die kinderhuis oop te stel nie, maar ook vir minderbevoorregte dogters in die gemeenskap.
Vir meer inligting of navrae, kontak asseblief Louise by 060 723 4706.